top of page

MEER OOR

Karin

Karin Bekker is ‘n jong dame met ‘n talent waarmee sy n toekoms wil los sing.Op  5 jarige ouderdom is haar sang talent raak gesien deur haar klavier  onderwyser en daar het die gogga haar gebyt en wou sy net sing.Karin het in 2008 in die Universiteit van Pretoria se Jakaranda Kinderkoor begin sing .Sy het verskeie oorsese toere saam hul meegemaak.

 

In 2010 het sy en ‘n paar koorlede op e-tv live gesing vir ons voormalige President  Nelson Mandela se verjaardag . Karin was ook saam ‘n paar koor lede deel van die JakarandaFm Pop Checkers Woman of the Year en het n verhoog gedeel saam met Elvis Blue , Loyd Cele en The Parlotones.

2011 was Karin in die Staatsteater Opera Produksie Carmen Bizet.

Karin het haar musiek loopbaan afgeskop met haar gospel debuut album “Vader,Seun en Gees” wat in 2014 vrygestel is. Sy verskyn ook op die album “75 jaar Viering” waar sy een van verskeie kunstenaars is op die album.

Karin het deeltyds tussen deur haar skoolloopbaan opgetree en verhoë met die volgende bekendes gedeel. Steve Hofmeyer,Refentse, Chris Else,Kurt Darren,Martin Bester,Brendan Peyper,Juan Boucher,Pieter Koen,Elizma Theron,Irene-Louise van Wyk,Die Klipwerf Orkes,Lance James,Charlize Berg,Andries Hendrik Potgieter en Johal Yssel.

 

Sy het ook al die voorshow vir Pieter Koen, Dozi en Steve Hofmeyer  gedoen.

In 2016 en 2017 het Karin by Pieter Koen se Jukebox Familie Piekniek  opgetree.

Karin het ook by Innibos  2017  op die Arena verhoog opgetree.

Haar musiek kan gehoor word op verskeie gevestigde radiostasies sowel as internet radiostasies.  Sy het ook die nr. 1 posisie op Springbok Internetradio se Top 20 vir nege weke behou.

Karin se debut musiekvideo  “Vriendskap” is op 16 Junie 2017 Vrygestel en het in die eerste maand 3000 views behaal.

Hy is ook nou te koop op Itunes.

Haar nuutste album “Sonder Jou” is vrygestel einde Oktober 2017

(Sonder jou is beskikbaar op alle Interne musiek winkels  )

Haar musiekvideo “Sonder Jou” kan op Youtube gesien word.

Karin gaan ook saam met die Sangsensasie Zoë van Oostenryk  n duet opneem wat in Frans, Afrikaans en Engels gaan wees.

"Ek is tot alles instaat deur Hom wat my die krag gee".  

Filippense 4:13

Subscribe for updates

bottom of page